In hierdie webjoernaal is al heelwat berig oor Suid-Afrika se lae landlyndigtheid of teledensity. Landlyne is natuurlik konvensionele telefoonlyne, van die tipe wat natuurlik wêreldwyd ook vir Internet-toegang van die ADSL-tipe gebruik kan word. Telkom, wat pas aangekondig het dat hulle opgeblaasde notering in New York beëindig gaan word, het steeds in praktyk 'n monopolie oor die verskaffing van dergelike lyne in Suid-Afrika.
In 'n jaarverslag wat pas verskyn het, word berig dat die aantal landlyne nou gedaal het tot 4 451 000, d.w.s. 'n landlyndigtheid van aansienlik minder as 10% van die bevolking. Volgens my vinnige skatting, plaas dít die landlyndigtheid van die land nou op die vlak wat dit was met Nelson Mandela in die tronk. Voorts het Telkom in Nigerië aansienlike verliese gely. My voorstel is dat Telkom, wat steeds amper 50% in besit is van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler, eenvoudig aan Zimbabwe geskenk word as 'n gebaar ter ondersteuning van beide lande se heropbou.
Bron(ne)
Telkom says goodbye to Wall Street www.itweb.co.za/sections/financial/2009/0906241042.asp?O=FPTOP&S=Telecoms&A=TEL (Candice Jones)
Telkom’s broadband plans mybroadband.co.za/news/Broadband/8500.html (MyBroadband)
Telkom line(')s down www.cyphafrica.com/2006/11/telkom-lines-down.html (CyphAfrica)
Telkom shocks, again www.cyphafrica.com/2006/08/telkom-shocks-again.html (CyphAfrica)
Assorted links
-
1. There is a great stagnation. 2. There is no great stagnation (the new
world of private drones). 3. How good a signal is a virtual rose? 4.
Everyday life...

Tot nou verskaf Google ons vakansiedae (jammer, Namibiërs, ek weet nie wat julle gaan doen nie!) nie as een van die beskikbare opsies nie - nie eers in Engels nie. Net vir die pret, het ek die vakansiedae in Afrikaans en in Sjangaan ingevoeg. Indien iemand sukkel om dit reg te kry, kontak my gerus. Ek is 
