2007-01-30

WNNR omhels ODF-standaard

Volgens berigte begin die WNNR die Open Document Format (ODF) bevorder vir die berging van kantoordokumente. Dit het blykbaar 'n ontplooiing van gratis en oopbron OpenOffice op lessenaarmasjiene op die WNNR se kampus in Pretoria behels en 'n mens kan dié organisasie net gelukwens met dié keuse. In die persverklaring maak Dr Sibisi (uitvoerende hoof) dit duidelik dat die WNNR besef hoe belangrik dit is om dokumente in 'n formaat te berg wat in die toekoms so geredelik moontlik toeganklik sal wees. Kan 'n mens verwag dat enige universiteit sulke wyse oorwegings aan die dag sal lê, of sukkel ons al om voorverlede jaar se WordPerfect-dokumente oop te maak?