2016-09-17

Hiperskakels en die saak Sanoma/Playboy teen GeenStijl

Die Europese Hof van Justisie het vroeër dié maand beslis dat die publiseer van skakels (dit wel sê, nie die inhoud self nie maar net 'n "link") na roofkopieë van foto's van 'n Playboy-model op die Nederlandse webwerf GeenStijl neerkom op inbraak op outeursreg deur GeenStijl. Die Hof het dus eintlik beslis dat die Internet-adresse van die foto's opsigself die eiendom van Sanoma, die uitgewers van Playboy, is. Die regter het bepaal dat "er sprake is van inbreuk, omdat GeenStijl als commerciële partij behoorde te onderzoeken of de foto's met toestemming online waren geplaatst". Dit is 'n problematiese besluit vir verskeie redes waarvan die meeste voor-die-hand-liggend is. Dit raak egter aan die basiese probleem van outeursreg vir digitaal verspreide media: elke gebruiker maak per definisie 'n perfekte (verder kopieerbare) afskrif van die materiaal. Slegs mense wat nie reeds bedruk is oor die agteruitgang van die Weste (en spelling) nie, word aanbeveel om GeenStijl te besoek.

'Uitspraak GeenStijl is een vervuiling van het auteursrechtelijke systeem'