NEWSFLASH: free surfing now reported to be available on the Pretoria public WiFi network (2006-10-24).English summary: the metropolitan council in the Pretoria area have launched a public wireless network in certain parts of the city in conjunction with private service providers. This week I took my laptop to Hatfield in order to test it - and it works! The network's homepage is here.Ek het die Toyota opgesaal en in Prospectstraat, tussen Grosvener en Hilda (
satellietfoto), hierdie toegangspunt (TP) gevind. Dit is nogal groter as die soort TP wat 'n mens by die huis gebruik. Ek dink die 'karwag' het gedink ek is stapelgek.
![](//photos1.blogger.com/blogger/1925/526/320/wifi3.png)
Stokou skootrekenaar oopgeslaan en 'n sterk sein oorkant die pad van die TP gekry, binne die motor. Beide van die sigbare toeganspunte behoort tot die metro-netwerk. Ubuntu Linux het onmiddelik aangeteken op die eerste TP.
![](//photos1.blogger.com/blogger/1925/526/320/wifi2.png)
Firefox is natuurlik direk gestuur na 'n inligtingsbladsy waar die besonderhede van die netwerk en die private diensverskaffers gegee word (dit is dieselfde as
hierdie bladsy). Volgende vraag: kan 'n mens Skype terwyl jy bestuur?
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking