2010-04-12

Meksiko kan per SMS selfoonnommer registreer, 25m doen dit nie

In Meksiko, soos in Suid-Afrika met die RICA-wetgewing, moet nuwe selfoongebruikers hulle persoonlike gegewens by die regering registreer en het bestaande gebruikers tyd gekry tot 'n bepaalde datum om dít te doen. Alhoewel Meksikane dié registrasie kon doen deur net 'n SMS te stuur met hulle federal ID-nommer (die sogenaamde CURP), is 31% van die lyne in Meksiko nie geregistreer nie en die sperdatum was Saterdag die 10e. Volgens 'n berig in La Jornada moet die selfoonmaatskappye nou begin om ongeregistreerde gebruikers se diens te beëindig. Dit kan natuurlik maklik wees dat die 25m lyne ter sprake grotendeels tweede of derde SIM-kaarte verteenwoordig en nie primêre gebruikers nie, wat 'n baie interessante refleksie sal wees op die statistieke waarmee die selfoonmaatskappye só graag spog.

Die prentjie hierbo is deur die Flickr-gebruiker Venturist en die twee webbladsye in Spaans waarna verwys word, is ook beskikbaar by http://www.webcitation.org/5ovObv6Uf en http://www.webcitation.org/5ovOpIDoH.

Geen opmerkings nie: