2012-03-30

Android-paniek in die voorstede

Die afgelope week of vier raak ek stadig gewoond aan 'n Android-foon van Samsung, die Galaxy Y Pro met sy relatief beskeie prys van sowat $200. Daar was die gewone gesukkel (ook bekend aan vroeë iPhone-gebruikers) aan die begin met die beantwoord van oproepe endiesmeer maar vandag het dinge 'n dramatiese wending geneem toe ek skielik geen klank meer had in oproepe nie. Dit het „net” sowat 'n uur geneem om uit te werk dat die mikrofoon nog gewerk het indien die eksterne luidspreker van die Speakerphone-funksie aangeskakel was, m.a.w. dat die probleem nie die reën van die dag of die klein bier in die laatmiddag was nie.

Eintlik was alle normale klanke weg, o.a. die ligte klikgeluide wanneer 'n mens gewone handelings op die raakskerm uitvoer. Duidelik dus 'n probleem met die programmatuur en gelukkig het ek onthou dat iemand geskryf het dat hulle toepassings van die foon begin afhaal het. Met die eerste probeerslag het ek WhatsApp wat al elders vir my probleme veroorsaak het, verwyder en siedaar – my klank was terug en ek kan rustig slaap!!

Geen opmerkings nie: