2014-09-20

Endomondo se rekeningstawing skakel my af

Aangesien ek altyd my selfoon by my het, is ek 'n terloopse gebruiker van die Android-toepassing Endomondo, waarmee 'n mens jou drafsarsie kan ontleed en die besonderhede daarvan deel. Ek het dit minstens twee jaar gelede al gebruik en op meer as een selfoon. Vandag maak ek dit oop toe ek reeds by die hekkie uit is (Endomondo is moontlik outomaties geïnstalleer nadat ek 'n nuwe selfoon gekry het) en daar begin die ding vir my vra vir gebruikersname en -wagwoorde. Gaaf, die opsie om deur Facebook aan te teken werk nie want ek het nie Facebook op die foon nie, maar dan probeer ek per Google-rekening. Dít skyn te werk tot die punt waar Endomondo rapporteer dat daar geen Endomondo-rekening gekoppel is aan my Google-rekening nie en dat ek dit nou eers moet soek. Jammer, dis te veel! Moet ek nou vóór ek draf probeer 'n Endomondo-wagwoord herwin of iets?! Ek glo lankal WhatsApp se sukses is in 'n groot mate daaraan te danke daaraan dat hulle rekeningstawing eenmalig en eenvoudig (SMS na die foonnommer toe) is. Endomondo, kyk en leer!

Geen opmerkings nie: