2018-02-20

Vodacom se komplekse datatariewe en R58,29 per gig


Vodacom is nogal „goed” daarmee om hulle gunstige tariewe te verberg. Ek gebruik al jare lank die peperduur databondels op die webwerf (tussen R100 en R150 per gig) maar het toevallig hierdie week gesien dat deur die USSD-kanaal *111# 'n mens baie goedkoper tariewe kan kry. Vir R1399 eenmalig is dit 2 gig per maand vir 12 maande, m.a.w. R58,29 per gig wat nie sleg is nie, hoewel nog baie duurder as op die netwerke met meer beperkte dekking soos Telkom en Cell C.



 

Hier bo is die kieskaarte van die USSD-kanaal en hier onder die opsies op die webwerf. Tensy ek baie sleg soek, het Vodacom blykbaar glad nie 'n eenvormige manier waarop hulle produkverskeidenheid deur die verskillende kanale gepubliseer word nie. Die 7-dag en 14-dag opsies is ook nie deur die webwerf beskikbaar nie maar die dagopsie is (snaaks genoeg!) wel.


Die vraag onstaan by my of SA-verbruikers (onder ons belaglike verskeidenheid wetlike reëlings) nie dalk 'n aanspraak daarop het om volledige inligting te ontvang oor die opsies (veral op 'n elektroniese kanaal) wat vir hulle beskikbaar is, nie. Ons weet almal dat die verkopers in die klein elektronika-winkels of die motorhandelaar (of eiendomsagent) baie mooi en kundig besluit watter opsies en pryse om beskikbaar te maak aan enige klant maar hulle doen dit darem nie op skrif nie...

Geen opmerkings nie: