2009-09-06

Waarom 0861-nommers?

Die gebruik van 0861-inbelnommers in Suid-Afrika grief my al 'n geruime tyd. Eerstens is 0861-nommers oor die algemeen nie uit die buiteland (en/of deur Skype) bereikbaar nie en indien 'n mens dus nodig het om 'n betrokke instansie van oorsee te kontak dan sit jy sonder 'n spaan. Voorts kos hierdie nommers altyd soveel as 'n binnelandse langafstandoproep - selfs al bel jy van langsaan. 0861-nommers heet immers nie MaxiCall vir niks nie. Laastens, is dit ietwat onduidelik of selfoondiensverskaffers 0861-oproepe onder sogenaamde naweekminute tel. Waarom adverteer Unisa, byvoorbeeld, 0861 670 411 sowel as +27 11 670-9000 (vir "internasionaal") indien dit oënskynlik vir almal goedkoper is om eenvoudig 011-670-9000 te skakel?

Bronne

http://www.telkom.co.za/common/pricelist/prices/local/custtomer_to_automatic_exh.html

Geen opmerkings nie: