2007-12-15

Vodacom sny ten volle betaalde rekeninghouer af

Vodacom sal doodluiters iemand, wie se rekening ten volle betaal is, se diens opskort - selfs al het die persoon 'n dekade se goeie betalingsgeskiedenis (van seker R100 000,00 of méér). Dít is my storie.

Donderdagoggend sit ek in die verleentheid dat my selfoon nie die kompleks se hek kan oopmaak nie want "your service has been suspended". Ek is reeds meer as 10 jaar lank 'n Vodacom-kontrakgebruiker en het in Oktober 'n datadiens (met 3G/HSDPA-modem) by my kontrak gevoeg. Om een-of-ander rede het ek tot onlangs geen faktuur vir dié datadiens ontvang nie. Daar was dan Maandag 'n SMS van Vodacom waarin ek gewaarsku is dat my rekening met iets oor die R200,00 agterstallig is. Dieselfde dag nog gaan ek op Vodacom4me, laai 'n staat af en betaal die volle balans wat aan die einde van Desember betaalbaar is op EasyPay. Dit was meer as R1000,00 waarvoor ek nog geen faktuur ontvang het nie en wat ek dus vooruit betaal het.

Doodtevrede gaan ek aan met die week - tot die hekinsident op 'n baie besige Donderdag. Die diensopskorting behels, terloops, ook dat die diensverskaffer (111) nie geskakel kan word nie en derhalwe moes ek laat dié middag by die blink nuwe Vodacom-dienssentrum by Menlyn instap. Die - baie vriendelike - man daar aan diens het my verduidelik dat EasyPay-betalings drie dae neem om op die Vodacom-stelsel te registreer en my diens herstel. Hy het natuurlik begrip gehad vir my ontsteltenis. Die volgende sake het my spesifiek opgeval aan dié proses.
  • Op Vodacom se stelsel word ek as highly-valued customer (in rooi) aangedui. Sou 'n mens nie verwag dat 'n highly-valued customer één oproep werd is voor s/hy diens opgeskort word nie?
  • In die afgelope 5 jaar het ek meer as R40 000,00 aan Vodacom oorbetaal met EasyPay. Dít is die prys van 'n goeierige tweedehandse motor, maar Vodacom (hulle het my nommer!) kan nie soveel doen as om te skakel en te hoor of ek leef nie.
  • Die werknemer by Menlyn het dit baie moeilik gevind om my EasyPay-betalingsbewys uit te druk (wat op 'n manier nodig skyn te gewees het). Hy het o.a. probeer om 'n skermbeeld (Engels: screenshot) te neem en die kopieer-en-plak in 'n Word-dokument in en uit die Word-dokument probeer druk. Is dít die tipiese toestand van Vodacom se kliëntediens-rekenaarpunte? Is die uitdruk van 'n webbladsy iets waarmee 'n mens tegniese probleme hoort te hê?
  • Is daar in die 21ste eeu nie 'n manier hoe betalings dalk in minder as drie dae kan registreer kan word nie?
  • Dit het gelyk asof die uitvoer van roetine-take 'n verbasende hoeveelheid gebruik van die Start... Run en intik van 'n DOS-bevel (hulle gebruik Window$) behels het. Gits.
Ná dese is dit seker nie moeilik om te verstaan dat ek die baie ernstig oorweeg om my selfoonnommer na MTN of VirginMobile te neem, nie. Gelukkig het my kontrak op die stemnommer reeds in Oktober verval. Waarom het Vodacom nog nie dié highly-valued customer geskakel om te hoor of ek nie belangstel in 'n nuwe selfoon en 'n kontrakhernuwing nie?

GMail - all is forgiven

This week I had to take the step - in spite of some previous difficulties I had had with GMail - to switch all my e-mail to GMail. For several years now I have been running my own IMAP server on a Pentium II sitting in my cupboard at home. This has been my primary e-mail access (using fetchmail to collect my e-mail from various other servers) and has worked better than any other solution that I have known. Unfortunately, power cuts in Pretoria have now become so common (3 or 4 times already this week) that this old solution is no longer feasible. So, I am now using GMail to collect my e-mail and I access the GMail service through IMAP on my desktop and laptop machines with the Evolution e-mail client. Web access is also good, of course. My main question is what to do with my e-mail archives, but for now I think I shall leave them on the home server - available through the excellent and fast SquirrelMail webmail service, if necessary. It should - in principle - be easy to upload the old mail to GMail using IMAP as well but I do not want to trigger a GMail service suspension for "unusual activity" ever again...

2007-10-14

Altbeker se boek oor misdaad in SA

Ek het sopas A Country At War With Itself: South Africa’s Crisis of Crime van Antony Altbeker klaar gelees. Dit is 'n bietjie van die onderwerp af vir dié webjoernaal maar ek wil dit sterk aanbeveel vir enigiemand wat in SA woon of belangstel. Altbeker raak 'n paar onderwerpe aan wat met tegnologie te doen het:

  • hoe eskalerende verdediging lei tot eskaleerde geweld, byvoorbeeld motordiefstal wat moeilik gemaak word deur tegnologie lei tot transito-rooftogte en huisaanvalle;
  • hoe deur speurtak van die polisie afgebreek is na 1994 en die klem op klinkgoed-voelgoed strategieë soos gemeenskapspolisiewerk geplaas is en hoe dít 'n strukturele hindernis is vir die gebruik van DNA-profiele en ander forensiese tegnieke wat kan help om meer suksesvolle vervolgings te bewerkstellig;
  • die rol van maklik vervoerbare produkte van hoë waarde (selfone, DVD-spelers, kontant) by misdaad, en nie net in SA nie; en
  • die noodwendige manipulasie van misdaadstatistieke, nie op 'n hoë vlak nie maar deur stasiebevelvoerders wat deur boontjietellers in Pretoria oor die vingers getik word indien daar te veel aangemelde misdade in 'n gebied is

Ek verskil 'n bietjie van Altbeker oor die positiewe aspekte van selfoon- en voertuigmonitering in die poging om, nie soseer misdaad te bekamp nie, maar meer misdadigers vas te trek, suksesvol te vervolg en (lank) op te sluit. Indien 50% van moordenaars aan hul slagoffers bekend is, waarom lei net 3% (volgens Altbeker) van aangemelde moorde tot suksesvolle vervolging? Sal dit regtig help om die land se dosyne van miljoene (gesteelde) selfone dag en nag te kan volg? Wat daarvan indien toegang tot die opsporingstelsel verkry word deur die kriminele elemente self?

Voorts noem hy in die boek dat SA se 25% van die bevolking wat sosiale toelae ontvang besonder hoog is, maar ek glo nie dit is so. In Australië, byvoorbeeld, volgens die Australian Institute of Health and Welfare is daar sowat 'n miljoen mense (5% van die bevolking) wat bystand ontvang vir ongeskiktheid alleen. Voeg daarby werkloosheidsbystand endiesmeer en ek kan maklik glo dat sowat 25% van die bevolking ook in Australië staatsbystand ontvang. Ek is ook onlangs informeel deur 'n Australiese ekonoom meegedeel dat dit rofweg klop. Dit is egter so dat in Australië die gemiddelde belastingbetaler dalk 'n baie beter kans staan in SA om eendag self (of deur 'n familielid) van staatsbystand gebruik te maak. Ons sosiale bystandstelsel is, sou ek sê, tog totaal disfunksioneel omdat diegene wat daarvoor betaal (belastingbetalers, lesers van dié webjoernaal ens.) geen vooruitsig het om ooit direk daaruit voordeel te trek nie. In ander lande is dit in 'n mindere mate ook só maar by ons is dit besonder opvallend.

Altbeker se boek is nie juis opbeurend nie maar dit sit die kwessies rondom misdaad, vir my, duidelik uiteen en verskaf 'n goeie raamwerk waarbinne 'n mens kan dink en redeneer. Dit is aktueel en goed geskryf.

2007-09-13

Minister knip draad

Diegene wat hoop op 'n spoedige einde aan SA se peperduur Internet- en telefoniepryse is hierdie week 'n gevoelige slag toegedien. Die Eassy-konsortium (waarvan Neotel, Telkom en MTN saam 27% besit en wat ook deur die Wêreldbank befonds word) staan gereed om 'n kabel wat SA en die ooskus van Afrika, Europa en Asië sal verbind, by Mtunzini aan wal te bring. Die Ministerie (of, is dit, Misterie?) van Kommunikasie onder Ivy Matsepe-Casaburri, bekend vir haar uitspraak
I don't want a sector to be monopolised by people who do not look like me

het aangekondig dat meerderheid plaaslike besit vereis sal word van alle ondernemings wat kabels na SA wil lê. Of sy regtig die bevoegdheid het om dié vereiste te bepaal al dan nie, die bedoeling van die regering is duidelik: vreemdelingevrees en kleinlike patriotisme (of is dit rassisme?) is belangriker as ontwikkeling. Intussen plaas die regering hul hoop op die sogenaamde Kigali-protokol, 'n NEPAD-inisiatief om breëband-Internet in Afrika te bevorder en 'n werkswinkel hieroor het amper begin. Ek kan net voorstel dat Suid-Afrikaanse ministers ook hulle Duitse motors deur 'n NEPAD-komitee laat ontwerp en aankoop.

2007-08-10

Somalia: anarchy, calls

Somalia has not had a recognised government since 1991. Not totally surprisingly, the country has a vibrant and unregulated telecommunications sector. According to a BBC report from 2004 some of the highlights of the Somali market include
  • a three-day wait for installation of a landline;
  • US$10/month for unlimited local calls (VAT is irrelevant, one presumes);
  • 150Mbps Internet in central Mogadishu, 11Mbps wireless elsewhere.

All of this seems like science fiction to the hard-pressed South African consumer. In fact, National Geographic reports, earlier this year, that the waiting time for installation of a landline in the capital is now 8 hours. According to a World Bank report the number of landlines in Somalia had increased seven-fold in the period 1991 to 2002. Compare this to SA, where the number of landline subscribers has declined since 1995 in spite of an interventionist government, crocodile tears in Davos etc. Every African knows the immense entrepreneurial flair that pervades our continent but few Africans believe that we are blessed with particularly efficient or wise governments. Somalia shows how well things can work in Africa when entrepreneurs are in charge and not bureaucrats.