2009-07-01

SpringbokRadio.com - broadcasting daily

Because television was introduced in South Africa mercifully late (1976), many of us still grew up with an excellent selection of radio dramas and serials. The most popular station was Springbok Radio, the “commercial” bilingual broadcaster (all stations were state-owned). It had fantastic radio versions of The Avengers; Father, Dear Father as well as local classics such as Test the Team and Só maak mens. Many will remember the serials Wolwedans in die skemer or My Name's Adam Kane and the more high-brow Tuesday Theatre or Castle Playhouse. Now, many of these shows are available again on the streaming audio service of SpringbokRadio.com, courtesy of the Springbok Radio Preservation Society. Highly recommended!

2009-06-25

Telkom stel weer teleur met landlyndigtheid

In hierdie webjoernaal is al heelwat berig oor Suid-Afrika se lae landlyndigtheid of teledensity. Landlyne is natuurlik konvensionele telefoonlyne, van die tipe wat natuurlik wêreldwyd ook vir Internet-toegang van die ADSL-tipe gebruik kan word. Telkom, wat pas aangekondig het dat hulle opgeblaasde notering in New York beëindig gaan word, het steeds in praktyk 'n monopolie oor die verskaffing van dergelike lyne in Suid-Afrika.

In 'n jaarverslag wat pas verskyn het, word berig dat die aantal landlyne nou gedaal het tot 4 451 000, d.w.s. 'n landlyndigtheid van aansienlik minder as 10% van die bevolking. Volgens my vinnige skatting, plaas dít die landlyndigtheid van die land nou op die vlak wat dit was met Nelson Mandela in die tronk. Voorts het Telkom in Nigerië aansienlike verliese gely. My voorstel is dat Telkom, wat steeds amper 50% in besit is van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler, eenvoudig aan Zimbabwe geskenk word as 'n gebaar ter ondersteuning van beide lande se heropbou.

Bron(ne)

Telkom says goodbye to Wall Street www.itweb.co.za/sections/financial/2009/0906241042.asp?O=FPTOP&S=Telecoms&A=TEL (Candice Jones)
Telkom’s broadband plans mybroadband.co.za/news/Broadband/8500.html (MyBroadband)
Telkom line(')s down www.cyphafrica.com/2006/11/telkom-lines-down.html (CyphAfrica)
Telkom shocks, again www.cyphafrica.com/2006/08/telkom-shocks-again.html (CyphAfrica)

Labels: , ,

2009-06-24

Coffee and connectivity at Jo'burg airport

I am writing this from the airside Vodacom Connect Zone at Johannesburg's main international airport (formerly Jan Smuts Airport), while waiting for my flight to Bloemfontein. The Connect Zone is simply a communal work station with desk area and electrical outlets (for South African as well as European plugs) and several special devices for charging cellphone batteries. Kudos to Vodacom for this but I am the only traveller using it right now! There is still no free WiFi at the airport but I can still access the commercial service using my ISP account and although the download speed is worse than I get on my ADSL at home, the latency is quite good and the upload speed is excellent.

Vida e Caffe (why so proud of their Regent St branch?) would be doing even more brisk business, if they were to actually switch on the second espresso machine at their airport franchise. People waiting for flights do not have infinite patience and some might actually have had two coffees, if it seemed feasible.

Labels: ,

2009-06-21

Broken/Stukkend 2 : DSTV se rekeninge-afdeling

DSTV is die Telkom van betaaltelevisie - 'n monopolie wat deur die Suid-Afrikaanse owerhede (in beide gevale, OKOSA/ICASA) in 'n skoon kombers toegedraai en warm gehou word terwyl die verbruiker steun en kreun. Ek het al meer as tien jaar lank aaneenlopend 'n rekening by DSTV/Multichoice maar ontvang vanoggend 'n kort SMS waarin ek ingelig word dat my rekening agterstallig is en ek 'n R50-herkonneksiefooi moet oorbetaal. Ná tien minute se versigtige rondblaai deur my bankstate, kom ek agter dat daar vroeg in Mei laas 'n betaling af is. Gaaf, dan nou maar na DSTV se webwerf toe om hulle telefoonnommer te kry. Op dié werf lees dat kredietkaartbetalings sedert Mei nie meer aanvaar word nie.



'n Verdere tien of vyftien minute se aanhou op die inbellyn, en ek praat met 'n simpatieke dame wat my vermoede bevestig en aanbied om die diens onmiddelik (daarmee ís hulle goed) te heraktiveer en my bankrekeningbesonderhede te neem vir 'n maandelikse debiet. Sy verstaan my probleem en bevestig dat DSTV wel my eksakte e-posbesonderhede en selfoonnommer het. Hulle beweer dat ek 'n brief per pos in dié verband moes ontvang het. Waarom nie maar ook 'n e-pos of 'n SMS om te waarsku nie? Het hulle mooi gedink en besluit die R50-herkonneksiefooi is meer werd as die intekenaars wat hulle gaan verloor?

Was DSTV nie die enigste opsie in SA vir TV anders as die grusame SAUK s'n nie, het ek sonder twyfel die DSTV gekanselleer. Trouens, dit word net deur my ouers gebruik en ons DSTV het ek lankal kanselleer omdat hulle so duur en hopeloos is. Hulle het hier weer die eerste reël van kleinhandel verbreek - om te weier om 'n klant se geld die aanvaar indien dié klant gereed staan om die geld te gee. Ek hoop daar is baie mense wat hulle DSTV-intekening 'n stille dood laat sterf. Ek is taamlik seker dat DSTV, soos Virgin Active, nie maandelikse state (per e-pos) stuur nie, want hulle wil nie slapende honde wakkermaak nie. Is dit nie tyd dat die bemoeisieke owerhede diensverskaffers dwing om, indien hulle meer as - sê maar - R100 van 'n verbruiker te verhaal, die verbruiker die reg gee om 'n maandelikse staat (per e-pos of MMS) te eis, nie?

Labels: , , , ,

2009-06-18

Suid-Afrikaanse vakansiedae op die Google-kalender

Die uitstekende span van www.translate.org.za het die Suid-Afrikaanse openbare vakansiedae as ICS-lêers opgestel en beskikbaar gemaak vir insluit in enige kalender-programmatuur - soos Google se Calendar, Thunderbird en (vermoedelik) Outlook - wat die ICS-formaat ondersteun. Tot nou verskaf Google ons vakansiedae (jammer, Namibiërs, ek weet nie wat julle gaan doen nie!) nie as een van die beskikbare opsies nie - nie eers in Engels nie. Net vir die pret, het ek die vakansiedae in Afrikaans en in Sjangaan ingevoeg. Indien iemand sukkel om dit reg te kry, kontak my gerus. Ek is phpotgieter op Skype.