2007-06-06

SA beplan verbod op buitelandse selfone

Die meeste van ons ken die roetine wanneer die sitplekgordelligte afgeskakel word op 'n vreemde lughawe: die selfoon word aangeskakel, konnekteer aan 'n plaaslike netwerk wat dadelik 'n verwelkomingsboodskap stuur en 'n mens ontvang dadelik 'n paar SMSe van Suid-Afrika af en laat weet dat 'n mens veilig aangekom het. Dit is nou maar deesdae deel van die normale lewe - maar nie meer vir lank in Die Republiek nie. Net om besoekers, veral vir 2010, te laat besef dat Gauteng se lughawe (ek kan nou nie onthou wat ons die plek hierdie week amptelik noem nie maar ek verwys na die een net oos van Johannesburg) in Donker Afrika is, oorweeg die parlement in Slaapstad tans 'n Regulation of Interception of Communication Amendment Bill wat - onder andere - sal behels dat buitelandse selfoongebruikers eers hul identiteit, tuisadres endiesmeer aan plaaslike netwerke sal moet verklaar alvorens hul toegelaat sal word om in SA te swerf (Engels: roam), m.a.w. hul selfone plaaslik te gebruik. Indien dié wetgewing aanvaar word gaan duisende mense elke dag in SA arriveer en met skok agterkom dat hulle selfone, anders as in Namibië of Zimbabwe, nie hier werk nie. Soos ANC-LP Luwellyn Landers verklaar in Business Day:
Everyone who uses roaming in SA must register, otherwise there is no point to this legislation.
Presies!Ons kan òf die land in die oë van 6 miljoen of meer toeriste en sakebesoekers per jaar belaglik maak òf hierdie beheersieke wetgewing laat vaar.


Ek was nog in geen land waar my selfoon by aankoms nie gewerk het nie, maar dan het ek tot dusver lusoorde soos Mongolië of Irak vermy... Die voormalige Sowjet-Unie het natuurlik die registrasie van fotokopieermasjiene (ook uit die buiteland) vereis en miskien is sekere lede van ons regering hier weer deur 'n aanval van Sowjet-nostalgie geïnspireer.

2007-06-05

Government chooses cellphone TV standard

The Financial Mail reports in its issue of 4 June on the pronouncement by Minister Ivy Matsepe-Casaburri that South Africa will have to use DVB-H standard for delivering television content to cellphone screens. One has to wonder why the government is involved at all in regulating a matter as trivial as the broadcasting of eGoli to the dinky little screen of some teenager's (who else will have the time to watch?) cellphone. But no, the government not only thinks that it should be involved in this highly trivial industry but that it will also make the wise decision, binding on all, on which specific protocols should be used for the transmission.

Of course, the government should to some extent regulate the use of common resources such as the radio frequency spectrum. But how, in philosophy or in fantasy, can one believe that the government should decide whether any part of that spectrum be used for cellphone television or for, say, wireless credit card processing?