2012-02-18

Bandwydte 100/100 in Boedapest

Ek het hierdie week die Corvinus-universiteit in Boedapest besoek en by my lessenaar die Internet-spoed getoets. Dit is sowat 100 keer beter as my kantoor-Internet in Pretoria op 'n goeie dag! Kan iemand my vertel waar ek in Gauteng so iets kan kry?