2008-08-31

Hof raps OKOSA en Matsepe-Casaburri

Die Pretoria Hooggeregshof het verlede week beslis ten gunste van Altech en teen OKOSA en die Departement Kommunikasie in 'n uitgerekte saak oor die selfverskaffing van netwerkinfrastruktuur deur houers van sogenaamde VANS-lisensie wat vroeër deur OKOSA uitgereik is. Dít beteken dat dié - volgens berigte sowat 300 maatskappye - nie gedwing gaan word om die fasiliteite van Telkom, Neotel e.d.m. te gebruik om dienste te verskaf nie. Sover ek dit verstaan gee dit alle VANS-lisensiehouers die reg om, byvoorbeeld, 'n kabel tussen Pretoria en Johannesburg te lê.

Altech se hofoorwinning kom na verwarrende en teenstrydige uitlatings deur die SA-regering in hierdie verband. Oënskynlik het regulasies wat in 2004 uitgevaardig is en in 2005 "herroep" is, dié reg reeds toegestaan. Met ander woorde, die gesloer en halsstarrigheid van die minister het die industrie en die publiek vier jaar gekos.

Terloops, die onderbreking van vier maande in dié webjoernaal was te wyte aan 'n besonder druk navorsing- en kongresskedule en ek gaan dit van nou af weer meer dikwels opdateer.

Leesstof:
  1. Altech mag eie telekomnetwerk bou, beslis hof (Beeld) http://www.news24.com/Sake/Algemene_nuus/0,,6-1607_2385933,00.html
  2. Court ruling opens doors for telecoms competition (Business Day) http://www.businessday.co.za/Articles/TarkArticle.aspx?ID=3308054
  3. VANS can self provide (MyBroadband) http://mybroadband.co.za/news/Telecoms/5023.html