2006-12-03

Vodacom3G herkou my SMS vir 24uur

Die afgelope week of twee het ek my selfoon permanent en uitsluitlik op die 3G-netwerk ingestel nadat ek besef het dat dít eweveel die batterylewe help bespaar is om 3G-modus heeltemal uit te skakel. Die rede hiervoor is dat dit oënskynlik die gedurige oorskakel tussen 3G en die ouer netwerk is wat die batterylewe van my geliefde Samsung erg verkort. In Pretoria is die 3G-netwerk orals beskikbaar waar ek gaan en ek verbeel my die oproepkwaliteit daarop is baie goed, dalk omdat dit (net?) op 1800MHz werk. Gister in die tou by die kasregister in die nuwe Hipermark in Montana sien ek egter dat ek die 3G-netwerk verloor het en skakel die foon toe terug op gewone GSM-modus. Feitlik onmiddelik kom daar toe sowat ses SMS-boodskappe van die vorige dag deur.

Toeval? Ek glo nie. Waarsku Vodacom mense dat die oorskakeling tussen 3G en die gewone GSM-netwerk moontlik problematies is? Ek glo nie. Hierdie ervaring het my groeiende besef dat selfone 'n 15jaar-oue tegnologie is wat nou omtrent so flink is soos 'n Sony Walkman, versterk. Die SA-poskantoor het in praktyk deesdae (soms) aflewering in Pretoria op die eerste dag ná 'n brief gepos is. Sal Vodacom kan byhou by die SAPK?

Geen opmerkings nie: