2007-03-29

DSTV-monopolie boer voort

Suid-Afrikaners is só gewoond aan monopolieë dat die meeste mense nie twee keer dink oor die feit dat ons betaal-TV ook deur monopolie (verfrissend, in die privaatsektor dié keer) oorheers word. Ons wonder ook nie veel daaroor dat ons geen kabel-TV in hierdie land het nie - „dis mos Afrika.” Min mense weet dat DSTV eintlik al die tyd geen lisensie het om in SA uit te saai nie - hulle het hier in die tyd van ons regimeverandering 'n lisensie in Botswana bekom, wat hulle die SA-owerhede oortuig het om te aanvaar vir die doeleindes van hulle bedryf in SA. In 2006 het OKOSA egter aansoeke aanvaar om lisensie vir kommersiële satelliet- en kabel-TV-dienste. OKOSA was so gretig dat hulle selfs die sluitingsdatum uitgestel het tot die einde van Augustus om die SAUK toe te laat om hul aansoek in te handig. Uiteindelik het 18 bedrywe aansoek gedoen om lisensies en vryemarkgesindes en verbruikers (soos die skrywer) het reeds begin uitsien na keuse in dié mark en laer pryse. Ongelukkig woon ons egter steeds in 'n tipe getransformeerde Boerassic Park en het die minister verlede week aangekondig (berig en kommentaar deur Anton Haber) dat die OKOSA-proses uitgestel moet word totdat die migrasie na digitale uitsending voltooi is. Die regering se teikendatum vir dié migrasie is 2008 maar 'n mens hoort in gedagte te hou dat nog slegs Nederland hierdie migrasie voltooi het en dat selfs Brittanje nie verwag om voor 2012 klaar te wees daarmee nie. SA se eweknie Brasilië verwag om in 2016 klaar te wees. Die leser sal dit sekerlik moeilik vind om nie met die outeur saam te stem dat daar iets in die drinkwater is nie en dat DSTV dit duidelik reggekry het (hul lisensie in SA gaan volgens berigte wel toegestaan word) om 'n de facto-monopolie in 'n de jure-een om te skakel.

Mag mense wat so rooi soos ek in die son brand nog Multichoice-aandele koop?

5 opmerkings:

Petrus het gesê...
Hierdie opmerking is deur 'n blogadministrateur verwyder.
Petrus het gesê...

Sommige van die stellings in hierdie webjoernaalinskrywing is deur die Departement Kommunikasie ontken.

alleygirl het gesê...

Hi If you are related to Monty Potgieter of Abercorn Zambia - could you please contact me - I am researching my grandpa and I believe Monty and he were mates. Allison Finley-Bissett.

Petrus het gesê...

Sorry, alleygirl - I do not think I am.

Blueskyglider het gesê...

Anton Harber's article can be found at:
http://www.big.co.za/wordpress/2007/03/27/the-ministry-of-dithering-and-delay/