2009-11-01

Van Bulgarye, met liefde – kaarte vir die selfoon

Ek het hierdie week toeval tot by die nuttige maps.webgate.bg genavigeer. Dít is 'n webblad wat vir selfone ontwerp is en deur die webblaaier van die selfoon toeganklik is. 'n Mens kan daarop per adres soek en dan 'n mooi klein kaart van Google Maps ontvang. Die afbeelding hier onder wys die resultaat van 'n soektog vir die pseudo-adres „Benedictus Kok Street Bloemfontein” op my rekenaar. Dit lyk dieselfde op my selfoon en sou my baie gehelp het in Bloemfontein verlede week, toe ek by die verkeerde sterrewag opgedaag het vir 'n skemerkelkie!

Dit werk ook 100% in Afrikaans en 'n soektog vir „Benedictus Kokstraat Bloemfontein” gee die regte plek maar „Benedictus Kok Straat Bloemfontein” wel nie. Hulle weet blykbaar van Afrikaans se los- en vasskryf in Sofia!

1 opmerking:

christa het gesê...

Baie handig en dit werk soos 'n bom!