2012-09-14

Die saak GeenStijl.nl en Frankryk se Internet-polisie

Frankryk het 'n man met €150 beboet omdat sy vriendin musiek oor sy Internet-verbinding afgelaai het. Dit is blykbaar onwettig in Frankryk om te versuim om 'n Internet-verbinding te beveilig (byvoorbeeld deur 'n wagwoord vir die draadlose netwerk te gebruik). Kan die toepassing van só iets ooit meer as lukraak wees? In 'n ander interessante saak in Europe hierdie week, het 'n Nederlandse hof vir PlayBoy gelyk gegee in 'n klag teen GeenStijl.nl (nie veilig vir die kantoor nie). Laasgenoemde het self geen kopié van eersgenoemde se materiaal gehuisves nie maar het deurlopend 'n skakel na 'n kopié elders opdateer sodat besoekers aan dié webwerf met één klik kon toegang kry tot die betrokke PlayBoy-materiaal.

Geen opmerkings nie: