2014-07-20

Die terloopse rak-intimiteit van die Skype-onderhoud

Dit is deesdae heel algemeen dat korrespondente vir internasionale nuuskanale hulle onderhoude per Skype doen uit 'n woonstel- of hotelkamer. Duidelik werk baie sulke mense van die huis af en ek verstom my in die laaste tyd oor wat 'n mens op hulle rakke sien, selfs op die relatief ernstige videokanaal van die Wall Street Journal: 'n prentjie van Che Guevara, 'n 3/4-vol bottel vreemdsoortige donker drank ens. Was dit nie anders en meer statig in die dae van Tossie Lochner, Italiƫ, nie?

Geen opmerkings nie: