2016-01-08

Tripadvisor se hoërskoolopstelressensie-probleem

Baie van ons gebruik van tyd tot tyd Tripadvisor. In die afgelope tyd het berigte begin verskyn oor die probleem van onegte resensies op Tripadvisor en indien 'n mens in gedagte hou dat sowat 260 miljoen mense dit elke maand gebruik, dan kan 'n mens verstaan waarom daar 'n besigheid is in onegte resensies. Dink eenvoudig daaroor: wie gaan 'n resensie plaas? Sekerlik in die eerste plek mense wat 'n slegte ervaring gehad het. Amper niemand met 'n doodgewoon goeie ervaring gaan op Tripadvisor skryf, tensy hulle ly aan gevorderde restourantressensent-waan nie. Gewoonlik doen mense sulke goed op Facebook!

Ek het vinnig gaan kyk na die Tripadvisor-opmerkings vir 'n restourant in Pretoria (daar in die top-10) wat ek ken. Die lofsange van mense wat oënskynlik net één ressensie op Tripadvisor het, is opvallend. Dit lees ook soos hoërskoolopstelle: "[t]hey cater for young and old and they have a play park for kids with supervision." Die een hier regs lyk ietwat meer eg en minder generies maar daar is sekerlik baie maniere om hierdie te reël... Die hoofprobleem is dat daar amper geen insentief is om 'n normaal-positiewe resensie te skryf nie, tensy 'n mens geweldig verveeld is. Ek sou amper so ver gaan om myself to probeer oorreed om geen aandag aan goeie resensies te gee nie en slegs te kyk na die slegtes. Miskien is daar wel 'n gepaste markmeganisme om hierdie uit te sorteer maar solank mense vrywillig ressensies skryf of plaas (en skaars hoef aan te toon dat hulle eers wel by 'n plek was), gaan daar probleme wees. 

Geen opmerkings nie: