2018-05-25

Die lastige en verbasende umlaut in Maori

Nieu-Seeland het, soos ek dit verstaan, twee ampstale (synde Maori, sedert 1987, en 'n gebaretaal) en 'n dominante taal (Engels) waaroor dit nie eers nodig is om iets te sê nie. Hoewel nie regtig baie mense dié taal goed beheers nie, word dit betreklik algemeen (soos regs) gebruik vir opskrifte, byskrifte en kennisgewings.

Die ortografie gebruik die makron – 'n strepie bo-op klinkers wat aandui dat hulle lank is, byvoorbeeld in "Māori" wat dus in Afrikaans eerder as "Maaori" geskryf sou moes word.

Ongelukkig is daar min tale wat die makron gebruik en hoewel Unicode natuurlik al die nodige makron-karakters het, is daar 'n historiese gewoonte om die deelteken of umlaut te gebruik en dan verkieslik 'n lettertipe wat die umlaut soos 'n makron laat lyk, soos soms in Duitse handskrif. 'n Mens tref dan die deurmekaarspul aan wat ons links sien, met Whakatāne wat as Whakatäne uitkom in die Google-soektog wat die lettertipe van die dokument ignoreer.

Dit laat my alles ietwat bekommerd oor die digitalisering van dié land se bevolkingsregister, mits hulle een het...



Geen opmerkings nie: