2019-06-21

Skype for Business is nie Skype nie

Mense wonder soms waarom gewone Skype en Skype for Business nie met mekaar praat nie. Die rede is dat die twee eintlik min met mekaar te doen het – buiten dat beide tans deur Microsoft besit word. Skype is 15 jaar gelede begin in Estland en eers heelwat later deur Microsoft gekoop.

Gewone Skype het baie mense verlos van duur internasionale oproepe en vriende en familie nader aan mekaar gebring. Die sagteware en veral Skype se algoritmes vir die verspreiding van die netwerkverkeer het eenvoudig net goed gewerk.

Skype for Business is eintlik Lync, die opvolger van Office Communicator 2007. Dit is 'n Microsoft-produk wat gebaseer is op uibreidings tot die SIP-protokol. Dit is dus nie 'n diensuitbreiding van die gewone Skype-produk,  soos die naam dalk aandui, nie.

Geen opmerkings nie: