2020-03-29

Privaatheid tydens afsondering

Dis coronavirus-afsondering en almal kan sien hoe deurmekaar jou huis is. Terwyl ons links en regs deelneem aan video-konferensies en registreer vir aanlynkursusse, hou gerus in gedagte dat iemand moet geld maak uit al dié gratis dienste. Almal se gunsteling blyk Zoom te wees en ek stem saam dat die gebruikerservaring besonder goed is. Ongelukkig, soos elders, geld die beginsel dat indien jy nie betaal nie, is jý die produk. Ek het onlangs opgelet dat die skakel om 'n webinaar in my dagboek te plaas, behels het dat ek blykbaar vir Zoom toegang gee tot my gehele Google-dagboek. Dit was maklik genoeg om te omseil maar laat my nogal ongemaklik voel. Verder het Zoom 'n geskiedenis van privaatheid- en sekuriteitskwessies. Dink maar aan die volgende.
Ek sou aanhou om Zoom te gebruik maar neem aan die vlak van privaatheid is soos in 'n gesprek in 'n koffiewinkel.


Geen opmerkings nie: