2007-10-14

Altbeker se boek oor misdaad in SA

Ek het sopas A Country At War With Itself: South Africa’s Crisis of Crime van Antony Altbeker klaar gelees. Dit is 'n bietjie van die onderwerp af vir dié webjoernaal maar ek wil dit sterk aanbeveel vir enigiemand wat in SA woon of belangstel. Altbeker raak 'n paar onderwerpe aan wat met tegnologie te doen het:

  • hoe eskalerende verdediging lei tot eskaleerde geweld, byvoorbeeld motordiefstal wat moeilik gemaak word deur tegnologie lei tot transito-rooftogte en huisaanvalle;
  • hoe deur speurtak van die polisie afgebreek is na 1994 en die klem op klinkgoed-voelgoed strategieë soos gemeenskapspolisiewerk geplaas is en hoe dít 'n strukturele hindernis is vir die gebruik van DNA-profiele en ander forensiese tegnieke wat kan help om meer suksesvolle vervolgings te bewerkstellig;
  • die rol van maklik vervoerbare produkte van hoë waarde (selfone, DVD-spelers, kontant) by misdaad, en nie net in SA nie; en
  • die noodwendige manipulasie van misdaadstatistieke, nie op 'n hoë vlak nie maar deur stasiebevelvoerders wat deur boontjietellers in Pretoria oor die vingers getik word indien daar te veel aangemelde misdade in 'n gebied is

Ek verskil 'n bietjie van Altbeker oor die positiewe aspekte van selfoon- en voertuigmonitering in die poging om, nie soseer misdaad te bekamp nie, maar meer misdadigers vas te trek, suksesvol te vervolg en (lank) op te sluit. Indien 50% van moordenaars aan hul slagoffers bekend is, waarom lei net 3% (volgens Altbeker) van aangemelde moorde tot suksesvolle vervolging? Sal dit regtig help om die land se dosyne van miljoene (gesteelde) selfone dag en nag te kan volg? Wat daarvan indien toegang tot die opsporingstelsel verkry word deur die kriminele elemente self?

Voorts noem hy in die boek dat SA se 25% van die bevolking wat sosiale toelae ontvang besonder hoog is, maar ek glo nie dit is so. In Australië, byvoorbeeld, volgens die Australian Institute of Health and Welfare is daar sowat 'n miljoen mense (5% van die bevolking) wat bystand ontvang vir ongeskiktheid alleen. Voeg daarby werkloosheidsbystand endiesmeer en ek kan maklik glo dat sowat 25% van die bevolking ook in Australië staatsbystand ontvang. Ek is ook onlangs informeel deur 'n Australiese ekonoom meegedeel dat dit rofweg klop. Dit is egter so dat in Australië die gemiddelde belastingbetaler dalk 'n baie beter kans staan in SA om eendag self (of deur 'n familielid) van staatsbystand gebruik te maak. Ons sosiale bystandstelsel is, sou ek sê, tog totaal disfunksioneel omdat diegene wat daarvoor betaal (belastingbetalers, lesers van dié webjoernaal ens.) geen vooruitsig het om ooit direk daaruit voordeel te trek nie. In ander lande is dit in 'n mindere mate ook só maar by ons is dit besonder opvallend.

Altbeker se boek is nie juis opbeurend nie maar dit sit die kwessies rondom misdaad, vir my, duidelik uiteen en verskaf 'n goeie raamwerk waarbinne 'n mens kan dink en redeneer. Dit is aktueel en goed geskryf.

2007-09-13

Minister knip draad

Diegene wat hoop op 'n spoedige einde aan SA se peperduur Internet- en telefoniepryse is hierdie week 'n gevoelige slag toegedien. Die Eassy-konsortium (waarvan Neotel, Telkom en MTN saam 27% besit en wat ook deur die Wêreldbank befonds word) staan gereed om 'n kabel wat SA en die ooskus van Afrika, Europa en Asië sal verbind, by Mtunzini aan wal te bring. Die Ministerie (of, is dit, Misterie?) van Kommunikasie onder Ivy Matsepe-Casaburri, bekend vir haar uitspraak
I don't want a sector to be monopolised by people who do not look like me

het aangekondig dat meerderheid plaaslike besit vereis sal word van alle ondernemings wat kabels na SA wil lê. Of sy regtig die bevoegdheid het om dié vereiste te bepaal al dan nie, die bedoeling van die regering is duidelik: vreemdelingevrees en kleinlike patriotisme (of is dit rassisme?) is belangriker as ontwikkeling. Intussen plaas die regering hul hoop op die sogenaamde Kigali-protokol, 'n NEPAD-inisiatief om breëband-Internet in Afrika te bevorder en 'n werkswinkel hieroor het amper begin. Ek kan net voorstel dat Suid-Afrikaanse ministers ook hulle Duitse motors deur 'n NEPAD-komitee laat ontwerp en aankoop.

2007-08-10

Somalia: anarchy, calls

Somalia has not had a recognised government since 1991. Not totally surprisingly, the country has a vibrant and unregulated telecommunications sector. According to a BBC report from 2004 some of the highlights of the Somali market include
  • a three-day wait for installation of a landline;
  • US$10/month for unlimited local calls (VAT is irrelevant, one presumes);
  • 150Mbps Internet in central Mogadishu, 11Mbps wireless elsewhere.

All of this seems like science fiction to the hard-pressed South African consumer. In fact, National Geographic reports, earlier this year, that the waiting time for installation of a landline in the capital is now 8 hours. According to a World Bank report the number of landlines in Somalia had increased seven-fold in the period 1991 to 2002. Compare this to SA, where the number of landline subscribers has declined since 1995 in spite of an interventionist government, crocodile tears in Davos etc. Every African knows the immense entrepreneurial flair that pervades our continent but few Africans believe that we are blessed with particularly efficient or wise governments. Somalia shows how well things can work in Africa when entrepreneurs are in charge and not bureaucrats.

2007-07-02

Power and "universal service"

A very persuasive posting by Russel Southwood of Balancing Act today points out that "universal service" agencies, who - according to the World Bank - are sitting on $4500m of unspent funds, should use this money to simply expand the power grid in rural areas, especially in Africa. According to Russel the cost of providing power generators for mobile base stations in areas where there is no or an unreliable electric grid, makes these base stations around 10 times more expensive than those in developed aread. SA's agency apparently has a new executive who is (sic) feeling the shoes of Ms. Cassandra Gabriel (Chairperson of the Board)... The only other item of news from 2007 on USA's homepage is about the relocation of offices in March - and one can only pray that the move went well. This agency is well placed, given the lack of action from the other regulators, to undermine the telecommunications oligopoly operating in South Africa. Will they?

2007-07-01

Pylpunt en Pallo Jordan

Enkele weke gelede het 'n Internetsoektog my toevallig attent gemaak op die bestaan van 'n plek met die naam Pylpunt. Die soektog het verband gehou met iets in die omgewing en ek het vir die snaaksigheid na http://maps.google.com/ gegaan en die naam Pylpunt ingetik. Siedaar - dis 'n plek of kruising langs die N1, net noord van Pretoria, so 15km van waar ek woon. Waarom vind ek dit snaaks? Omdat ek skielik besef het hoe belaglik die politici van SA is indien hulle dink dat dit 'n magtige daad is om oorspronklik Afrikaanse dorpe herdoop na vlou moutbiere of vermeende Ndebele-opperhoofde. Amper al wat vir my eintlik saakmaak is of die plek se naam in die Google-databasis is. Die tyd toe dit primêr saakgemaak het hoe iets in 'n stowwerige lêer in Pretoria aangeteken is, is lankal verby. In die terminologie van Thomas Friedman, is ons politiese opperhoofde nog in die sfeer van die olyfboom (kleinlike stryd oor plaaslike kwessies) waar ek en Google in die sfeer van die Lexus (globale uitnemendheid en samewerking) is. Die Internet het veroorsaak dat Google en soortgelykes die databasis beheer en versprei en nie kleinlike burokrate nie. Wat 'n bevryding! En, sal die leser vra, indien 'n mens die voorgestelde nuwe naam vir die Jakarandastad (Snor City, Mor City) intik? Wel, dan wys GoogleMaps 'n gehuggie by Ghanzi, in Botswana.