2010-01-03

Grootboet Nieu-Seeland

Aucklandse prokureur Tim McBride merk met reg op dat die Nieu-Seelandse polisie se nuut verworwe magte om, met 'n hofbevel, in te luister op alle elektroniese kommunikasie, vergelyk kan word met die installasie van afluisterapparatuur in iedere huis, kantoor, kroeg, koffiewinkel en op elke straathoek. 'n Artikel in die Sunday Star Times beweer dat wetgewing in dié verband op die aandrang van die Amerikaanse FBI implementeer word, hoewel die VSA-grondwet 'n dergelike ingryping in die VSA onmoontlik maak, soos ek dit verstaan.


Die installasie van 'n enorme afluister-infrastruktuur hou, volgens die Kiwi-polisie, geen gevaar in vir dié wat onskuldig is nie. Let op die slenter in dié stelling, wat algemeen gebruik word om owerheidsvergrype te regverdig. Daar word 'n skuldig/onskuldig-tweespalt gespek vóór 'n verhoor plaasgevind het. Hoe weet ons dan wie „onskuldig” is? Wel, dit is natuurlike diegene wat nie deur die polisie afgeluister word nie. Droom hulle van swart laarse?

Bron

NZ's cyber spies win new powers (NICKY HAGER - Sunday Star Times) http://www.stuff.co.nz/national/3203448/NZs-cyber-spies-win-new-powers

Geen opmerkings nie: