In die bronkode word die temperature in grade Fahrenheit gegee, en Wikipedia gebruik duidelik twee of drie lyne kode om dit na Celsius om te skakel. Dié algoritme toets blykbaar eers of die oorsponklike temperatuur in Celsius negatief gaan wees al dan nie, bepaal die teken van die antwoord, en skakel dan die heelgetalgedeelte om. Aangesien negatiewe temperature in Fahrenheit min voorkom, gaan dié probleem vir omskakeling van Celsius na Fahrenheit nie veel voorkom nie. Die korrekte benadering is natuurlik om die Fahrenheit-temperatuur eers na 'n afgeronde Celsius-waarde om te skakel en dan die teken van die heelgetalgedeelte te skei. Wiskundig gestel, die funksie sgn(x) wat die waarde -1; 0 of 1 aanneem, kommuteer nie met die funksie round(x) wat x afrond tot die naaste heelgetal, nie.
What's Harder: Science or Rapping?
-
Three interns at Intellectual Ventures have made a rap video.


0 comments / kommentare:
Post a Comment