2018-04-18

Onverwagse webwerf-foutboodskap 400

Hierdie boodskap verskyn by my in Opera op blockchain.info waar die webblaaier waarskynlik die taal wat verkies word as Afrikaans aanmeld. Dit is amper nooit 'n probleem nie want die webbediener hoort die inhoud dan net in die verstektaal van die webwerf (Engels, Russies of watookal) aan te bied.

Ek het nie so ver gegaan as om te probeer uitwerk watter tale almal dié fout gee nie...

1 opmerking:

F Wolff het gesê...

Ek kry die selfde met Firefox wat Afrikaanse bladsye aanvra. As ek Afrikaans afskuif na taal van tweede keuse, vertoon die bladsy wel.

'n Lys van beskikbare tale onderaan die bladsy gee waarskynlik 'n aanduiding van wie hierdie boodskap gee. Dit is sekerlik minder as 5% van hul besoekers, maar tog verbasend. Alle webplatforms waarmee ek al gewerk het doen hierdie reg namens die programmeerder. Mens moet nogal moeite doen om dit só verkeerd te kry!