2009-06-18

Suid-Afrikaanse vakansiedae op die Google-kalender

Die uitstekende span van www.translate.org.za het die Suid-Afrikaanse openbare vakansiedae as ICS-lêers opgestel en beskikbaar gemaak vir insluit in enige kalender-programmatuur - soos Google se Calendar, Thunderbird en (vermoedelik) Outlook - wat die ICS-formaat ondersteun. Tot nou verskaf Google ons vakansiedae (jammer, Namibiërs, ek weet nie wat julle gaan doen nie!) nie as een van die beskikbare opsies nie - nie eers in Engels nie. Net vir die pret, het ek die vakansiedae in Afrikaans en in Sjangaan ingevoeg. Indien iemand sukkel om dit reg te kry, kontak my gerus. Ek is phpotgieter op Skype.

1 opmerking:

Petrus het gesê...

Die kalenders is direk onder http://translate.org.za/content/view/1819/92/lang,af/ te kry - natuurlik ook in Engels.